’n Paar van die motorfietsryers tydens die Slumdogs-saamtrek. Foto:JOHANETTE PHOTOGRAPHY


’n GOED georganiseerde motorfietssaamtrek is op Saterdag, 10 November by die Katberg-hotel en Eco Golf Estate in die Fort Beaufort-distrik gehou.

Jaco van Vuuren van die Slumdogs in Oos-Londen was aan die stuur van sake.

Die geleentheid is deur 105 avontuurlustige motorfietsryers en metgeselle bygewoon.

Motorfiets-feite en vrae is onder Wilddogs-lede uitgeruil, terwyl daar ook gejuig was oor die Springbokke se oorwinning teen Frankryk. Gepantserde motorfietsryers uit verskillende rigtings van die Oos-Kaap het ook Vry-dag-aand reeds op Hogsback bymekaargekom.

Die Winterberge en gewaagde passe rondom Katberg is uit alle rigtings aangedurf en daar moes behoorlik kop gehou word met al die brullende twee-wiele wat op die grond- paaie verby mekaar gevleg het. Tegniek en konsentrasie was uiters belangrik en tyd vir rondkyk maar min, want tussen die rowwe paaie, afgronde, digte bosse asook oop vlaktes, vrylopende diere en vrolik waaiende omstanders, wou elke motorfietsryer net gou nog ’n ander rigting inslaan voor die son water trek.

Ná drie jaar van stilte het die Katberg-hotel – wat deel uitmaak van die Kat Leisure Group – in September 2017 weer sy deure vir die pu-bliek geopen. Personeel bestaan hoofsaaklik uit inwoners van die Katberg-omgewing wat hul hotelskool-indiensopleiding by die Katberg Hotel Academy of Learning and Development ontvang.

In samewerking met die nie-winsgewende internasionale hotelskool en Harambee, is hul fokus gerig op die bevordering en ontwikkeling van die werklose jeug in die plattelandse omgewing rondom Katberg.

Die pragtige groen omgewing en sy vrien-delike mense laat ’n glimlag in jou gedagtes. Die geurig voorbereide buffet-etes en goed opgeleide personeel by die hotel laat almal welkom voel.

Verskeie gelukkige trekkings is Saterdag-aand gehou. Sondagoggend is die naweek afgesluit met ’n heerlike buffet-ontbyt.

Jaco het reeds almal meegedeel dat hierdie ’n jaarlikse instelling by Katberg gaan wees.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article