#KAROOCHALLENGE het hul jaarlikse nagdraf verlede Vrydag-aand aangebied en gesinne kon selfs met stootwaentjies en hul honde saamstap.
Hoewel dit kort voor die wedloop na reën gelyk het, het dit deelne-mers geensins van stryk gebring nie.
“Inteendeel, die Karookind in elkeen het uitgekom en drawwers kon nie wag om in die reën te hardloop nie,” sê organiseerder Su van Wyk. “Met die droogte wat nie einde kry nie, het almal uitgesien na reën, maar ongelukkig het die wolke verbygetrek.”
Die nagdraf is ’n gesinsvriende-like sportgeleentheid met ’n 9km of 5km wedloop vir deelname. In die 9km wedloop was Flippie Loock die wenner met Stefan Steynberg in die tweede plek.
Die 5km wedloop is gewen deur Danè Thiart met Micela Loock en Leatitia Theron gesamentlik in die tweede plek. Na afloop van die nag-draf het deelnemers en ondersteuners ontspan by Reinet Manor waar heerlike burgers verkoop is.




