‘Verlate swembad, Robertson’ (olie op doek, deur Willem Pretorius) is een van die kunswerke in die ‘Vanishing Karoo’ uitstalling wat vanaf volgende Vrydag by die Imibala galery besigtig kan word.Photo:ELSABÉ PIENAAR

Credit: SYSTEM

’n OPWINDENDE nuwe kunsuitstalling kan eersdaags by die Imibala-galery in Graaff-Reinet besigtig word.

Die tema fokus op die nostalgiese en die ontvolking van die platteland in Suid-Afrika. Kunswerke in verskillende mediums van onder andere Janet Dixon, Martin Haines, Gregg Price, Frans Boekkooi en Joshua Miles sal te siene wees.

Werke van Willem Pretorius, wie se reeks oor verlate swembaddens die afgelope tyd heelwat aandag getrek het op die Suid-Afrikaanse kunstoneel, is ook inge-sluit by die uitstalling.

“Ek sien my werk eerstens as ’n dokumentering van ’n sekere tyd en plek in Suid-Afrika se geskiedenis soos dit nou is.

“Ek dink dit herinner ons aan ons eie tydelikheid en sterflikheid,” het Pretorius gesê.

’n Versameling oorspronklike foto’s deur Roger Ballen, Obie Oberholzer, Louis Botha en Lawrance Brennon sal ook tydens die uitstalling te koop aangebied word.

Andries Bezuidenhout, digter, kunstenaar en musikant van Brixtonmoordenroof Orkes sal op 15 Maart om 18:00 die opening van die Vanishing Karoo-uitstalling behartig. Dit is oop vir die publiek.

Belangstellendes kan Kim Imri kontak by 084 468 0027 of drostdy@imibala.com.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article