CRADOCK hou hierdie naweek, Vrydag, 27 en Saterdag, 28 November, sy tweede Karoo Krismismark in die Karoo Brew Junction in Durbanstraat.
Die feesvieringe begin reeds vanaand met ’n damesaand in Karoo Brew. Môre is dit tyd vir die Krismismark wat vir die twee dae van 09:00 tot 19:00 oop sal wees vir almal wat daar wil gaan inloer en kuier.
Van handgemaakte items, tuisgebak, gebottel en gerestoureerde meubels sal te sien wees. Van die uitstallers wat by die Krismismark gaan wees sluit in Mooi Karoo, Sense of the Karoo, Splendid Karoo en Klitsgras.
- Vir meer inligting oor vanjaar se Karoo Krismismark bel Heyla Meyer by 082 347 3832.

