’n SPORTDAG by Primêre Skool Karel Theron op Middelburg, het gesorg vir goeie opwinding en aksie van o.7, o.8 en o.9 spanne .

Skole van Middelburg (Karel Theron en Ellen Olivier), Colesberg, Burgersdorp, Graaff– Reinet (Union), Queenstown (Hangklip) en Cradock (Voorbereidingskool, Carinus en Michausdal) asook De Aar (JPS) het die dag bygewoon en in goeie sportmangees teen op die rugbyveld en netbalbaan meegeding.

Op die rugbyveld was dit slegs o.9 spanne wat deelgeneem het. Op die netbalbane het die o.7, o.8 en o.9 spanne die ouers en toeskouers behoorlik op hulle tone gehou.

Karel Theron se o.9 rugbyspan speel hul eerste wedstryd teen Colesberg gelykop (10–10) en wen die laaste wedstryd van die dag teen Carinus (10–0).

Die netbaluitslae van Karel Theron is as volg:

KT se o.7A span wen al hulle wedstryde teen Cradock (2–0), Michuasdal (1–0), Carinus (3–0), Colesberg (1–0) en speel gelykop teen Hangklip (1-1).

Die o.7B span wen teen Carinus, verloorteen Michausdal en geen doele word tydens die De Aar wedstryd aangeteken nie.

Die o.8 spanne van Karel Theron maak skoonskip en die o.8A span wen al hul wedstryde: Carinus (6–0), JPS De Aar (3–2) en Hangklip (5–0). Die o.8B span wen Michausdal (1–0) en speel gelykop teen Burgersdorp (1-1).

Die o.9A span van Karel Theron wen hul wedstryde teen Colesberg (3–2), Carinus (4–0) en verloor teen Cradock (1–3) en Hangklip (1–4). Die o.9B span verloor teen Carinus (2–3), JPS De Aar (1–4) en Burgersdorp (0–5).

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article