Vanjaar se Groot Visrivier kano-marathon is goed bygewoon en was baie suksesvol.
Dit nadat die 2020-wedvaart weens die COVID-19-pandemie afgelas is.
Vir sakelui en gastehuiseienaars het die kano-marathon ook ’n welkome finansiële inspuiting gebied, aangesien die streng pandemie-grendelperiodes toerisme verlede jaar baie swaar laat trek het.
Danksy die sukses van vanjaar se Groot Visrivier kano-marathon, was dit weer moontlik vir die bestuur om liefdadigheid te ondersteun.
’n Skenking van R20 000 is aan Cradock Kankersorg oorhandig. Hospice in Makhanda het ook ’n goeie finansiële hupstoot gekry.


