) general
Opedag: Die Hoërskool Middelburg se opedag sal op 12 April plaasvind. Voornemende gr. 8-leerders vir 2020 en hul ouers word genooi om die dag by Middies by te woon. Kontak die skool by 049 842 1560.
Soccer Tournament: The first annual Emetele Easter Soccer Tournament, hosted by Tamzo and Athie, will take place at the Phiti Stadium in Middelburg from April 19 to 21. Sixteen teams will be participating. Teams’ entry free is R850. The winners will walk away with R9 000, a trophy and gold medals. The runners-up will win R3 000 and silver medals, and the third place team will claim R1 000 and bronze medals. Other prizes are also up for grabs. Contact Tamzo at 083 607 7884 or Athie at 063 384 6410.
NG Kerk Middelburg Karoo: Sal op Saterdag, 27 April, in die Klaasen-saal in Middelburg basaar hou. Ontbyt sal vanaf 08:00 bedien word en die verkope van heerlike eetgoed, asook gebottelde tuisgemaakte produkte en handwerk, sal vanaf 10:00 verkoop word. Vir die kinders sal daar spesiale aktiwiteite wees. Hulle is steeds op soek na items vir die wit olifanttafel wat by Dorperskaaptelersgenootskap, Van Reenenstraat 22 afgelaai kan word.
) entertainment
Laaste Dae: Buckfever Underground en Skree Alleen sal op 25 April Graaff-Reinet op hulle Laaste Dae-toer besoek. Die vertoning is in Afrikaans en Engels, kindervriendelik en “ligweg ondergronds”. Dit sal om 18:00 vir 19:00 by Hartland Huis (Toerboer Cottages), by Noordstraat 38 plaasvind. Toegang is R50. Bespreek by karlien@hartlandmedia.co.za.
- Stuur jou dagboekinskrywings na midkaroo@media24.com en sit “Mid-Karoo Dagboek” in die onderwerpveld. Dagboek-plasings is gratis.