DIE Landbouskrywers Suid-Afrika se !Xhariepstreek (wat die Wes-, Oos- en Noord-Kaap insluit) het onlangs sy jaarlikse toekenningsge-leentheid vir die Boer-, Landboukundige- en Nuwe Toetreder tot Kommersiële Landbou van die Jaar aangebied.
Die genomineerde boere en landboukundiges sal met die genomineerdes vanuit die res van die land vir die toekennings van 2021 se Nasionale Boer-, Landboukundige-, en Nuwe Toetreder tot Kommersiële Landbou van die Jaar mee-ding.
Nominasies uit die !Xhariepstreek:
Oos-Kaap
Boer van die Jaar: Andrew Jordaan en Seuns-boerdery van die plaas Spekboomberg naby Cradock.
Noord-Kaap
Landboukundige van die Jaar: Dr Andries Jerrick Daniels, senior navorser by die Landbounavorsingsraad (LNR) Infruitec-Nietvoorbij.
Wes-Kaap
Nuwe Toetreder tot Kommersiële Landbou van die Jaar: Chamomile-boerdery van Philippi naby Kaapstad.
Landboukundige van die Jaar: Prof Karen Theron, internasionale erkende hortoloog verbonde aan Stellenbosch Universiteit. Boer van die Jaar: Jan le Roux van die Le Roux Groep in die Paarl.
Dié wenners word op 12 November tydens ’n glansgeleentheid by Cavalli Wynlandgoed in Somerset-Wes aangekondig.
– UITGEREIK: LANDBOUSKRYWERS SUID-AFRIKA




