Wyle Jonathan Page. Foto:VERSKAF


’n JONG Cradock-pa van drie het verlede Saterdagoggend gesterf toe hy in ’n motorfietsongeluk op die Marlow-pad betrokke was.

Jonathan Page (42) was op pad na sy huis op die dorp toe die ongeluk plaasgevind het. Page was lid van die be- stuur van Agramex op Cradock en was bekend as ’n bemarker van implemente. Hy was ook voorsitter van die plaaslike tennisklub.

Hy word oorleef deur sy vrou, Carozel en ’n seuntjie, Daniel (2), sowel as Dilon (13) in die Laerskool Cradock en Natalie, wat oor drie weke 18 word en volgende jaar in gr. 12 by die Hoërskool Cradock sal wees.

’n Roudiens is gisteroggend (Woensdag) in die Cradock-Noord NG Kerk gehou.

Die diens is deur ds. Jan Grobbelaar van die Cradock-Oos-gemeente gelei.

Uitslae van die polisie se nadoodse ondersoek was teen druktyd nog nie bekend nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article