Agter van links is Nina Smith, Miré Hattingh, Danelle Theron, Maré de Klerk, Evelna Watson, Franco Froehlich, Robert van Zyl, Bernard van Zyl, Burgert van Heerden en Graham Watson. Voor sit Liezl Botha (hulp-spanbestuurder), Irene van der Nest, Zanél Phillps, Sonet Aucamp (afrigter/spanbestuurder), Nan Tam (hoofborg Cradock SPAR), Theuns Botha, Burrie van Heerden en Wessel Potgieter (hulp-spanbestuurder). FOTO:VERSKAF


DIE jaarlikse Laerskool Cradock/SPAR-tennistoernooi sal vanjaar vanaf 23 tot 25 Augustus in Cradock plaasvind.

Agt seunspanne en ses meisie-spanne het ingeskryf.

Die deelnemende seunspanne is Selborne (Oos-Londen), Grey (Port Elizabeth), Paarl Seunskool (Paarl), Laer Volkskool (Graaff-Reinet), Stirling (Oos-Londen), Hudson Park (Oos-Londen), Curro (Bloemfontein) en Cradock.

Die deelnemende meisiespanne is Collegiate (Port Elizabeth), Laer Volkskool (Graaff-Reinet), Stirling (Oos-Londen), Hudson Park (Oos-Londen), Clarendon (Oos-Londen) en Cradock.

Die hooforganiseerder van die toernooi is Sonet Aucamp, tennisorgani-seerder van die Laerskool Cradock.

Daar het reeds maande se beplanning, voorbereiding en harde werk in die toernooi ingegaan, sodat al die besoekers en deelnemers, sowel as toe-skouers drie dae van tennis uit die boonste rakke op Cradock sal kan beleef.

Wessel Potgieter en Liezl Botha sal as spanbestuurders van CLS se eerste tennisspanne diens doen.

Vrydagaand sal daar ’n gesellig-heid vir alle borge, ouers van CLS-spelers, afrigters en spanbestuurders by Huis Vertue aangebied word. Die prysuitdeling vind die Saterdagmiddag, direk ná afloop van die finale wedstryde, by die laerskool plaas.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article