VANJAAR se Karoo Kosfees was ’n reuse sukses met 45 stalletjies wat ’n groot verskeidenheid smullekker eetgoed te kies en te keur aan feesgangers gebied het.
Die fees was vanjaar weer by The Palms gehou, wat ideaal vir die doel geskik is. Stalletjies en tafels gelaai met eet- en drinkgoed was in die ruim sale en oral op die terrein te sien.
Van die stalletjies se eienaars het van so ver as Port Elizabeth, Middelburg, Hanover, Kirkwood en Graaff-Reinet gekom.
Een van die nuwe toevoegings tot die fees was vanjaar se gemeenskapsafdeling wat deur Nan Tam geborg is en waar tradisionele disse soos samoesas, verskillende hoenderdisse, koeksisters, breyani, kerrie en rys en vele meer genuttig kon word.
Die kosmark het oor twee dae gestrek en is vanjaar baie goed deur plaaslike inwo-ners en besoekers uit nabygeleë dorpe bygewoon.
Gedurende die twee dae is daar elke uur op die uur kosdemonstrasies gehou.




