Die pompstasie van Middelburg se suiweringswerke staan wawyd oop nadat vandale grensdrade gesteel en deure verbrand het. Die leë slikdamme het in onbruik verval nadat toevoerpype verstop geraak het. FOTO: verskaf


Vervolg vanaf bl. 1

“MET my besoek aan die aanleg Saterdag het biofilter nommer twee pas weer begin werk nadat dit reeds drie dae tevore gaan staan het weens ’n elektriese fout. IYM- elektrisiëns het dit goedgunstiglik kom herstel, maar dit is eintlik CHDM se verantwoordelikheid. Geen dorp kan bekostig dat pompe drie dae lank buite werking is nie,” het Venske gesê.

Daar word ook verneem dat die departement van waterwese wel maandeliks kom besoek aflê en watergehalte “toets”, maar finale verslae word glo afgewater om CHDM nie in ’n slegte lig te stel nie.

Venske sal ’n mosie aan CHDM voorlê oor die toestand van die suiweringswerke, maar hy is skepties oor waar hulp vandaan sal kom.

“President Ramaphosa het baie beloftes oor water en sanitasie in sy onlangse staatsrede gemaak en ons kan maar net hoop dat regeringsingryping spoedig sal plaasvind. Intussen moet Jan Publiek onder geen wanindruk gelaat word nie: CHDM doen zero onderhoud, en ons suiweringsaanleg is op sy laaste bene.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article