OMKRING die dag op die kalender, skryf in jou dagboek, maak ’n knoop in jou oor, doen enigiets ont-hou net 3 Augustus 2019. Dit is die datum van Cradock se Vroue Verrykingsfees en dit beloof om ’n FEES te wees!

Stalletjies, speletjies, eetgoed en… Hykie Berg. ’n Dag propvol aktiwiteite, rondloop, kuier en lekker koop. Bring jou bure, jou sussie, jou boetie, ’n niggie, ’n nefie en bring vir ma en pa!

Daar gaan ietsie vir elke smaak wees: smullekker eetgoed, handsakke en parfuum vir die dames, skoonheidsprodukte, teikenskiet, hout-speelgoed, uitstallings van voertuie en trekkers, en springkastele, ponieritte en ’n prettige rit op die treintjie vir die kinders.

Indien die winterbaard begin krap en ’n bietjie aandag nodig het sal die dames van Charne Moorcraft van Freshcut Barbershop dit so knip-knip terug tem na ’n spogbaard.

Die hoogtepunt van die oggend is die praatjie deur Hykie Berg, be-kende akteur en motiveringspreker.

Die fees word by die Voorbereidingskool se gronde aangebied en stalletjies sal vanaf 08:00 tot 17:00 oop wees.

Ingangsgelde by die hek is R20 per volwassene en R10 per kind. Hykie Berg se motiveringspraatjie se kaartjies is R120 per persoon, en kaartjiehouers van Hykie Berg se ingangsgeld by die hek is reeds ingesluit by die prys van R120.

Die praatjie vind plaas in die Voorbereidingskoolsaal vanaf 11.00 vir 11.30. Die dansers van Renee Ferreira Dansskool bied ’n voorvertoning aan en die dag se musiek word deur DJ Johan verskaf.

Koste vir die huur van ’n stalle-tjie is R250. Betaling bevestig stal-letjie besprekings. Daar is nog stalletjies beskikbaar.

Al die fondse wat ingesamel word by die Vroue Verrykingsfees sal aangewend word vir die nuwe Huis van Veiligheid van die ACVV. Die gedagte van ’n Huis van veilig-heid is ’n droom uit nood gebore.

Daar is ’n groot behoefte aan tydelike huisvesting vir kinders in nood – ’n veilige hawe vir die omgewing se kinders.

Feesgangers is welkom om enige bruikbare items wat hulle wil skenk vir die Huis van veiligheid saam te bring na die Verrykingsfees.

Daardie ekstra gordyne wat in die linnekas lê kan ’n venster in die nuwe huis verfraai. Kombuisware en enige donasies is welkom. Daar kan ook gereël word dat groter items by skenkers gehaal word.

Enige skenkings van nie bederfbare produkte, toiletware en skoonmaakmiddels sal waardeer word.

Vir enige navrae, stalletjie-besprekings en kaartjies kontak die organiseerders, Erika Bezuidenout by 082 874 7633 of bezuidenhout.erika@gmail.com, of Andrea Visagie by 071 681 6777 of awavisagie@gmail.com.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article