ONLANGS het Llewellyn Hufkie van Somerset-Oos baie groot geskrik toe ’n groot bakkie in die nagtelike ure deur ’n venster en muur gebars en in sy sitkamer “parkeer” het.

Die voertuig se bestuurder het in ’n suidelike rigting in Bathurststraat afgery en moes óf links óf regs voor die huis by Louis Trichardstraat 87 afgedraai het, maar die jong man kon nie sy draai kry nie en het toe in die woonhuis vasgery.

Gelukkig was daar op daardie oomblik niemand in die sitkamer nie en is niemand beseer nie – ook nie die be- stuurder nie. Die huis en die bakkie is baie sleg beskadig as gevolg van die geweld van die impak.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article