DIE bestuur van Huis van de Graaff wil hiermee Pieter Erasmus en Flossie Erasmus van Adendorp hartlik bedank vir die aansienlike bedrag wat hulle ingesamel het tydens ’n suksesvolle dans wat hulle aangebied het ten bate van Huis van de Graaff.
Met hierdie geleentheid wil ons ook almal wat boeke vir die biblioteek geskenk het, baie dankie sê.
Die ACVV Huis van de Graaf bied versorging vir bejaardes en persone wat nie meer alleen kan woon nie, en is ’n dienssentrum wat omgee vir die gemeenskap.
Dankie ook aan die instansies wat gereeld skenkings aan die tehuis maak. Dit word opreg waardeer.
Rita Theron
Bestuurder/Boekhouer: Huis van de Graaff

