HUIS KAREE is ’n tuiste, uitkoms en toe-vlugsoord vir vele Middelburg en omliggende dorpe se senior burgers.
Ook familie van baie Middelburgers vind hier ’n veilige hawe waar hul baie goeie versorging ontvang. Vir 39 verswakte of gestremde persone van enige ouderdom word daar ook voorsiening gemaak. En om hierdie diens te verskaf en selfs te verbeter, is gesonde finansies noodsaaklik. Om in al die behoeftes te voorsien, word daagliks duurder.
In die huidige, moeilike ekonomiese tye het dit ongelulkkig ’n aspek geword wat dringende aandag verg. Ondersteuning van die hele gemeenskap word gevra.
Raak asseblief betrokke en bied u dienste en hulp aan voordat dit te laat is! Persone wie geskakel kan word is Cornelia Nieuwoudt by 049 842 1937, Yvonne van der Walt by 073 211 5655 en Irene van der Walt by Huis Karee by 049 842 1249.
Elke poging of manier van hulp word opreg waardeer.
Huis Karee benodig dringend ook be- stuurslede om ons te kan help in alle professionele besluite en om personeel by te staan en leiding te gee met ons pad voorentoe.
Irene van der Walt
BRIEF aan die REDAKTEUR


