Die polisie het met ‘n geregtelike doodsondersoek begin nadat ‘n kind (12) van Middelburg in die Oos-Kaap deur drie honde doodgebyt is.
Volgens kaptein Lariane Jonker, polisiewoordvoerder, het die kind, Leonardo Alexander, op 31 Oktober omstreeks 09:30 saam met twee van sy maats in Jubileestraat in Midros, Middelburg, geloop toe hulle deur die honde aangeval is.
“Die kinders het weggehardloop, maar die honde het die seuntjie agternagesit en hom verder aangeval,” het Jonker gesê.
Die seun is op die toneel dood verklaar nadat hy aan sy wonde beswyk het.



