< Van links is Kokki Stuurman (van Twinsville Primêre Skool), Levison Mhara (van Hofmeyr Hugs of Hope) en William Cona (van die kliniek op Hofmeyr) wat die kursus in Port Elizabeth bygewoon het. Foto: TERESA OPPERMAN


HOFMEYR Hugs of Hope het onlangs, in samewerking met die Ikhala Trust in Port Elizabeth, vyf persone na ’n opleidingskursus in die holistiese benadering tot boerdery ge- stuur.

Die opleiding is deur Nikki en Grant Dryden by Grass Roof in Seaview, Port Elizabeth, aangebied. Mariaan Schoeman, wat ook die geleentheid bygewoon het, het gesê dat sy dit as ’n wonderlike ondervinding en voorreg kan beskryf om meer oor tuinmaak te leer, maar nie sommer gewone tuinmaak nie – “tuinmaak soos God dit vir ons deurgee in Genesis,” het sy gesê.

“God het immers die tuin van Eden aan Adam en Eva gegee en hul daar geleer om tuin te maak en die grond te bewerk volgens sy wil, soos aangedui in Genesis 2:15.

“Hoe het God sy heerskappy oor die aarde bevestig? Hoekom wil die mens sy wil afdwing oor die natuur en dinge verander?”

Sy het voorts gesê dat ’n mens moet dink aan ’n woud en hoe plante daar groei. “Maak jou oë toe. Wat sien jy in jou geestesoog; waarop loop jy? Daardie blare en klammigheid in die woud bring groei mee vir alles wat in daardie woud is. Dit staan bekend as die kombers van God se skepping, oftewel God’s Blanket.”

Meer inligting oor Farming God’s Way is op die internet beskikbaar. Belangstellendes wat die volgende kursus wil bywoon kan met Hofmeyr Hugs of Hope skakel. Daar word weer in Februarie en April kursusse in Port Elizabeth aangebied.

Schoeman moedig elkeen aan om die kursus by te woon. Dit sal jou buite jou paradigma leer dink, en dit sal jou verstand te bowe gaan. Maak tuin saam met God, dan is alles moontlik. Almal wat die kursus bygewoon het, be-skryf dit as ’n geestesverrykende ervaring.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article