DIE Queenstown Rolbalklub kon die afgelope naweek met vreugde terugkyk na ’n eeu van rolbal en vriendskappe wat oor dekades heen gebou is.

Min instansies oorleef eenhonderd jaar en bly steeds sterk staan. Dié klub se baan en ge-riewe was in uitstekende toestand vir ’n rolbaltoernooi wat die afgelope naweek hier aan-gebied is ter viering van hul 100 jaar mylpaal.

Talle spanne van oraloor het ingeskryf en die Colesberg-span was die uiteindelike wenners, terwyl ’n saamgestelde span van Queenstown Rolbalklub die naaswenners was.

Twee spanne van Hofmeyr het ook aan die toernooi deelgeneem. Die span van Piet Roux van Hofmeyr met Willem en Alta Herselman en Roelf Opperman, het ’n derde plek behaal.

Goeie spel is deurgaans gelewer terwyl Nicky en Annabel Kruger van Molteno as skeidsregters opgetree het.

Beide die bane was vol spelers en daar het deurgaans ’n goeie gees onder deelnemers geheers.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article