Hendrik Kiwido (ook bekend as Mannetjie, Hofmeyr se persoonlike SPCA) met van die honde wat hy versorg. Hy is ook nou betrokke met die massa-sterilisasiepoging, en sal in Twinsville en Eluxolweni die nodige bemarking vir die dag hanteer.Foto:TERESA OPPERMAN


HOFMEYR beplan weer ’n massa-sterilisasie op 11 en 12 April by die skougronde.

Die vorige massa-sterilisasie het ’n reuse verskil gemaak in veral die armer gemeenskappe van Hofmeyr en omgewing. Daar is nog talle honde en katte wat nie gesteriliseer is nie en Lin Opperman, die plaaslike kontakpersoon, het gesorg dat sy weer die dienste van staatsveeartse en andere bekom vir dié spesifieke datums. Altesaam sewe veeartse het beloof om betrokke te wees en drie assistente vanuit die gemeenskap is reeds op die lys.

Die skousaal sal weer dien as operasie-teater.

Opperman kan by 048 885 0016 na-ure met navrae, skenkings of besprekings gekontak word.

Die veeartse versoek ’n groot voorraad koerante of onbedrukte koerantpapier om hul taak te vergemaklik.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article