DIE Laerskool Hofmeyr het die afgelope kwartaal begin soos elke nuwe jaar.
Daar was geen agterstand in die diens wat deur die personeel gelewer is nie, ongeag die feit dat die personeelkamer uitgebrand is, en die voorportaal nog tekens van roet toon ná die verwoesting wat oor die naweek van 16 Desember daar plaasgevind het. Dit was met groot vreugde dat ’n skenking van skryfbehoeftes vanaf Graaff-Reinet ontvang is. Kort ná die brand in die personeelkamer is die skool deur donateurs vanuit Graaff-Reinet gekontak en basiese skryfbehoeftes vir die eerste ruk, tot die departement van onderwys uithelp, kon aan leerders uitgedeel word.



