Die Victoria Boutique Hotel se boere-barok interieur is uniek. Foto’s: VERSKAF

Credit: SYSTEM

As jy gedink het Hofmeyr is maar net ’n klein dorpie waardeur jy moet ry om by die see te kom, wag daar vir jou ’n groot verrassing!

As jy wéér deur dié Karoodorp ry, hou stil by die Victoria Boutique Hotel vir ’n heerlike ontbyt, middagete, aandete of verleng jou reis deur ’n nag in dié besondere hotel te oornag.

Kippie en Mariana Louw het die ou hotel in die dorp gekoop en daarvoor ’n heel nuwe baadjie aangetrek. Mariana het wondere verrig deur die interieur in ’n klassieke, boere-barokstyl eie aan die Karoo te omskep.

’n Ete by die Victoria Boutique Hotel is beslis ’n lekker besluit.

Die geregte op die spyskaart is watertand lekker en billik op die beursie.

Nog ’n stop-en-inloer winkel op Hofmeyr is die The Farmhouse-tuisnywerheid. Dit is naby die hotel en daar kan jy allerlei geskenke uit die Karoo koop.

Beide dié plekke is langs die hoofroete deur die dorp en sommer maklik om te kry.

  • Vir meer inligting oor die hotel besoek victoria-boutique-hotel.business.site of bel 072 553 7523.

Die spoggerige Victoria Boutique Hotel nadat dit verlede jaar geopen is. Foto’s:VERSKAF

Hofmeyr se Victoria Hotel soos dit baie jare gelede gelyk het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article