DIE bekroonde Hofmeyr Hugs of Hope-projek het die afgelope naweek ’n deftige geselligheid in die kerksaal gehou.
Die doel van die saamkuier was om presteerders met sertifikate te beloon. Ook om hul die ge-leentheid te bied om hul vaardighede te wys as dit kom by die dek van deftige tafels, om gaste te nooi en as gasvroue by ’n publieke geleent-heid op te tree.
Altesaam 104 gaste vanaf Cradock, Molteno, Steynsburg, Tarkastad, Schoombee, Hofmeyr en Middelburg het by die tafels van die 13 gasvroue aan-gesit.
Die tema was “Toeka tot Nou” en gaste is uitgenooi om hul oudste uitrustings aan te trek. Verskeie treffende uitrustings uit die jaar toet is ook vertoon tydens ’n modeparade.
Louise Geyer was die gasspreker en toekennings van erkenning is oorhandig aan Emma Roux, senior lid van die gemeenskap wat Hugs ondersteun, so-ook Desiré Schofield wat in die kombuis betrokke was en Brenda du Plooy vir die wyse waarop sy haar werk by Hugs verrig.
Tafelpryse het toegeken aan Annerien van der Merwe vir Deftigste Tafel en die meeste gaste wat volgens die tema aangetrek het.
Die tafel van Bettie Brown het die toekenning ontvang vir die vrolikste, joligste tafel, terwyl die Ellen Arendst die toe-kenning as deftigste beginner tafel ontvang het.
Twinsville uitblinkers
Hofmeyr Hugs of Hope het ook gedurende 2019 die inwo-ners van Twinsville uitgedaag om hul tuine te verfraai, huise mooi te maak en Twinsville papier- en plastiekvry te ver-klaar. Die toekenning vir die netjieste kleurvolste huis, die mooiste tuintjie en die netjieste omgewing het aan Bettie Brown gegaan.
Elisma de Jager, ’n aktiewe lid by Hofmeyr Hugs of Hope, het ’n toekenning ontvang vir opleiding voltooi by Southern Hemisphere.
Sy het ook die nuwe Hugs webwerf en webwinkel bekendgestel.




