Die hoofleiers vir 2019, Amy Newton (links) en Reinhardt Pelser (regs), saam met Mariaan Stannard. Foto: JOHANETTE VAN HEERDEN


DIE Hoërskool Middelburg is trots op die leerders se akademiese, sowel as sportprestasies wat deur die jaar behaal is.

Hulle word hiervoor vereer tydens die jaarlikse prysuitdeling asook gedurende die jaar wanneer akademiese knopies, sowel as erekleure-balkies uitgedeel word.


Aniel van Deventer:

MHS se hoofmeisie van 2018, Aniel van Deventer het behoorlik die trofees ingeryg.

Aniel het die trofee vir die beste akademiese presteerder gr. 12, asook die trofees vir beste prestasies in wiskunde, fisiese wetenskappe, rekeningkunde, Engels, lewenswetenskappe en beste senior netbalspeelster ontvang, en deel die snr Rapportryerstrofee vir Afrikaans met Shaan Blaauw.

Sy het ook die Phytaggie-trofee vir beste prestasie in wiskunde (Junie) in gr. 10 tot 12 ontvang.


Middies se nuwe LRR vir 2019:

Die hoofleiers vir 2019 is Amy Newton en Reinhardt Pelser, terwyl Werner van der Berg en Ammie Donian die onderhoof-leiers is.

Die ander LLR lede vir 2019 is Foxie Wolfaardt, Anna Blom, Daniël Botha, Wanga Thiso, Sanrie Lessing en Vicky Muller.

Eerste posisies:

Die top akademiese presteerders in die onderskeie grade is Ekaterina Duvenhage (gr. 8), Hannlé van Heerden (gr. 9), Vicky Muller (gr. 10), Jana Olivier (gr. 11) en Aniel van Deventer (gr. 12).

Sportman en -vrou:

MHS se Sportman en -vrou vir 2018 is Adrian Joubert en Megan Newton.

Victor en Victrix Ludorum:

Wanga Thiso en Marlise Beukes is aangewys as Middies se Victor en Victrix Ludorum vir 2018.

Staatmaker-trofees:

Die Staatmaker-trofees is aan Werner van der Berg en Anna Blom oorhandig.

Interskole-wenners:

Een van die hoogtepunte op sportgebied was toe Middies die Interskole teen Kirkwood gewen het. Groot opgewondenheid heers oor Interskole 2019 wat op Middies se tuisveld gaan plaasvind.

Tydens die naweek van 2 tot 4 Augustus 2019 gaan die groot Eeufeesvieringe plaasvind en word verskeie reünie-groepe vir die viering van die Hoërskool Middelburg se 100ste verjaardag verwag.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article