ALTESAAM 16 atlete van die Hoërskool Middelburg is in die Chris Hani-atletiekspan, wat 6 Maart in Port Elizabeth aan die Oos-Kaapse byeenkoms gaan deelneem, ingesluit.

Hulle het in dié items gekwalifiseer:

Meisies o.14: Elzaan Pieterse (diskusgooi en gewigstoot)

Meisies o.15: Danelle Bishop (hamergooi, diskus, gewigstoot); Lara Barnhoorn (hoogspring); Anika Kruger (gewigstoot); Wilana Wolfaardt (hamergooi) en Megan Newton (verspring, hoogspring, 90m-hekkies)

Meisies o.17: Inge Green (spiesgooi)

Meisies o.19: Amy Newton (verspring); Marlize Beukes (100m en 200m); Jana Olivier (hamergooi) en Lee-Ann Hayes (hamergooi)

Seuns o.14: Dakalo Nengwenani (hoogspring) en Lenfred Manuel (100m)

Seuns o.15: Tommie Olivier (hamergooi) en Rual Puley (hoogspring)

Seuns o.19: Wanga Thiso (hamergooi)

  • Tennis

Tennisspelers van die Hoërskool Middelburg het op 22 en 23 Februarie ’n toer na Jeffreysbaai onderneem. Wedstryde is teen Framesby (PE) en Global Leadership Academy (Jeffreysbaai) gespeel. Middies het 119/60 teen Framesby verloor en 95/48 teen GLA gewen.

  • Vlugbal

Die LRR van Middies het op 7 Februarie weer ’n ou tradisie laat herleef toe die “Volleyball@Night” aangebied is. Ouers en leerders het tydens die sportaand by die skool onder spreiligte teen mekaar meegeding op die gebied van vlugbal, tafeltennis en selfs armdruk!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article