SEWE van die Hoërskool Cradock se leerders het vanaf 15 tot 20 Desember 2018 as deel van die Chris Hani-span aan die jaarlikse SAJCC-toernooi deelgeneem.
Die toernooi het by die Birchwood-hotel in Johannesburg plaasgevind. Die spelers het uitstekende individuele prestasies behaal en hulle het ook goeie ondervinding opgedoen.
Daar het 2 500 spelers van regoor Suid-Afrika aan die toernooi deelgeneem.
Dié sewe spelers is Bianca Gildenhuys, Uyanola Matoto, Solule Mene, Lutha Majiba, Donavan Alberts, Mandiluve Poswa en Ukhule Kuze.
Die skaakseisoen van 2019 het op 28 Januarie begin met ’n vriendskaplike kragmeting tussen die Hoërskole Cradock en Middelburg.
Die gehalte van die wedstryde wat ge-speel is en die aantal nuwelinge wat by die skaak aangesluit het, maak CHS baie opgewonde oor die jaar se skaak.



