Drie van die Hoërskool Cradock se tennisspelers, Anika Marais, Lehanie Marais (links) en Nicola Koegelenberg (regs), het onlangs aan die Brian Bands–tennistoernooi in Port Elizabeth deelgeneem. Anika Marais het derde in haar afdeling geëindig, terwyl Nicola Koegelenberg ’n negende plek, en Lehanie Marais ’n elfde plek behaal het. Gedurende die September–skoolvakansie het Nicola Koegelenberg aan die Matchpoint Tennistoernooi in Graaff–Reinet deelgeneem. Sy het oor twee dae nege wedstryde gespeel en almal gewen. Sy is ook as die wenner van die ope–afdeling gekroon. foto:VERSKAF
Hoërskool Cradock se tennistrots
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.