Jaco Slabbert besig om Marlow se kolwers te knoop met sy draai-balle. Foto:VERSKAF


DIE Hoërskool Cradock se eerste krieketspan het Maandag deurgedring tot die volgende ronde in KSA se T20-kompetisie vir skole deur vir Marlow in die Winterbergstreek se eindstryd te verslaan.

CHS het die loot gewen en besluit om eerste te kolf.

Die tuisspan se boulers het CHS se kolwers die heeltyd onder druk geplaas en die besoekers beperk tot 93 vir die verlies van 9 paaltjies in die toegelate 20 boulbeurte. CHS se beste kolwers was Neil Slabbert met 29 lopies en Sibulele Poyo met 23 lopies.

CHS se boulaanval het egter puik teruggeveg en Marlow uitgehaal vir 73 lopies. Die Marlow-kolwers het veral gesukkel teen die besoekers se draai-aanval. CHS se beste boulers was Jaco Slabbert met 4 paaltjies vir 9 lopies, en Musa Green met 3/13. CHS het die wedstryd met 20 lopies gewen. – MEDEWERKER

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article