VYF van die Hoër Volkskool se swemmers het tydens ’n uitnodigingsgala in Port Elizabeth goed gevaar.
Hierdie gala word na afloop van B-groep galas gedurende die seisoen gehou en slegs die top 8-swemmers in elke item word na die top 8-gala ge-nooi. Dané Thiart het ’n brons medalje vir die 50m vlinderslag losgeswem en silwer medaljes vir die 50m vryslag en die 50m borsslag.
Emile Blignaut het ’n vierde plek vir die 50m vryslag behaal, en ’n vyfde plek vir die 50m borsslag.
Owen Thiart het ’n silwer medalje vir die 50m rugslag gewen en twee goue medaljes vir die 50m vryslag en die 50m borsslag. Anrich Nieuwoudt het ’n brons medalje in die 50m vry-slag verower en goue medaljes in die 50m vlinderslag, 50m rugslag en 100m rugslag. Mark Blom het vierde in die 50m vryslag geëindig en vyfde in die 50m rugslag.




