Dit was groot pret toe die wenners van Hofmeyr Skougenootskap se Bielie Mielie-kompetisie onlangs aangewys is.
Die kompetisie is gehou sodat die mielieboere nie net prettige samesyn kon geniet nie, maar dat daar ook met die resultate van hul harde werk gespog kon word.
Elke deelnemer moes vyf mieliekoppe, steeds in hul blare, inskryf sodat die boere se skatvermoë ook ’n bietjie beproef kon word. Omdat die mielies nog ver van ryp was, het die beoordeling geskied oor die hoeveelheid pitte en rye wat die mieliekoppe het.
Daar was vier kategorië:
- Individuele kop met die meeste rye
- Individuele kop met meeste pitte
- Inskrywing met die meeste rye
- Inskrywing met die meeste pitte
Die resultate was as volg:
Individuele kop met die meeste rye
Indien daar twee koppe is met dieselfde aantal rye, is die pitgetal op die koppe in ag geneem.
1) Joppie Opperman – 24
2) Lood de Jager – 22(1056)
3) Ruan van der Merwe – 22(880)
Individuele kop met meeste pitte
1) Lood de Jager – 1056
2) Lood de Jager – 920
3) Riaan Botha – 900
Algehele inskrywing (5 koppe) met meeste rye
(Indien daar twee inskrywing was met dieselfde aantal rye, is die pitgetal van die inskrywing in ag geneem).
1) Joppie Opperman – 104 rye (gemiddeld van 20.8 rye per kop)
2) Dewald Opperman – 102 (20.4 – 4158)
3) Ruan van der Merwe – 102 (20.4 – 4020)
Algehele inskrywing met meeste pitte:
1) Lood de Jager – 4440
2) Dewald Opperman – 4158
3) Riaan Botha – 4068
Altesaam 21 boere het aan die kompetisie deelgeneem.
Die organiseerders het Arno Oberholzer en sy span by Rikus Landboudienste in Cradock bedank vir die prys-borgskappe wat gereël het.
Dank is ook uitgespreek teenoor die hoofborg Pioneer saad wat vyf sakke mieliesaad ter waarde van R25 000 geborg het.
Pannar het 15 sakkies koringsaad ter waarde van R7 500 geborg.
UPL (Arysta) het chemikalië terwaarde van R7 700 geborg
Elim het produk ter waarde van R12 000 geborg en Barendburg ’n sak ter waarde van R4 000




