FORT BEAUFORT:
Riool gee
Newtown-families
hoofbrekens
3
CRADOCK:
Chris Brits na
‘Afrikaans is Groot’ genooi
4
BRIEWE:
Vukusebenze-skuiling sê dankie; atlete benodig hulp
5
SKOOLNUUS:
Volkskool maak skoonskip by Woordfees
7
SPORT:
Marlow meet kragte teen Duineveld
8
Boere en inwoners van die Hofmeyr omgewing juig oor sagte deurdringende reën wat verlede week en oor die naweek oor die dorp en distrik uitgesak het. Die afgelope naweek se welkome reën was ook vir vele plaaseienaars die eerste ordentlike reën vir die seisoen. Hofmeyr korrespondent,Teresa Opperman, berig dat talle boere se damme en kuile vol is na die afgelope tyd se goeie reën. Die Vlekpoort-rivier het sy walle oorstroom en die Meyburghbrug was ook vir ’n wyle onbegaanbaar. Die veld en weiding in die noordoostelike dele van die Hofmeyr-distrik is lowergroen, maar daar is steeds plase wat geen reën ontvang het nie in ander dele van die distrik. Lees die volledige berig op bl. 2.


