: Op 28 Februarie het luide musiek, kindergille en skeidsregterfluitjies oor die terrein van die Primêre Skool Karel Theron in Middelburg weergalm. Opgedollie in die prettigste uitrustings het leerders en ouers aan die jaarlikse Karel Theron 7’s-pretdag deelgeneem. Die Pippies, gr. 7-meisies, was die algehele wenners van die dag, terwyl die Funky Farmers (gr. 4) as die bes geklede span aangewys is. Hier is die Pippies tydens die toutrek-kompetisie. Lees die volledige storie op bl. 7. Foto: johanette photography


FORT BEAUFORT:

Riool gee

Newtown-families

hoofbrekens


3

CRADOCK:

Chris Brits na

‘Afrikaans is Groot’ genooi



4

BRIEWE:

Vukusebenze-skuiling sê dankie; atlete benodig hulp

5

SKOOLNUUS:

Volkskool maak skoonskip by Woordfees









7

SPORT:

Marlow meet kragte teen Duineveld

8

Water- en elektrisiteitsprobleme in Graaff-Reinet het mekaar die afgelope week steeds afgewissel. Groot dele van die dorp was teen verlede Donderdag steeds sonder water omdat kragonderbrekings verhoed het dat reservoirs gevul kon word. Maandag het blou begin vir vele huishoudings wat steeds dae lank met droë krane gesit het, dié keer vanweë ’n kragonderbreking na die Damkamp boorgate. Dinsdag was verskeie inwoners rooi onder die kraag toe bloedwurms uit kouewaterkrane verskyn het. Hoewel die bloedwurm skadeloos is, kan groot infestasies daarvan ‘n aanduiding wees van swak waterkwaliteit. Lees die volledige storie op bl. 2

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article