Ná die afgelope naweek se kanomarathon wat dien as ‘n vooraf vir die Groot Visrivier-kanomarathon, heers daar groot belangstelling in dié byeenkoms wat op 8 en 9 Oktober plaasvind.
Altesaam 535 inskrywings is reeds
ontvang, maar organiseerders verwag ‘n vlaag van laat inskrywings en
vertrou dat die totaal op marathondag op meer as 600 sal staan.
In die afdeling vir K2’s, waar die Suid-Afrikaanse K2-kampioenskappe vanjaar beslis word, is daar reeds 180
inskrywings en sterk mededinging word in die mans- en vroue-afdelings verwag.
In die voor-Vis, wat op 25 en 26
September in soortgelyke omstandighede
as die marathon plaasgevind het, was die wenners Andy Birkett en Nicholas
Notten in ‘n tyd van 5 uur en tien minute.


