DIE Graaff-Reinetter Marina van Niekerk is vanjaar onder die inskrywings vir die Sarie Voorbladgesig-kompetisie.
Carol-Ann van Jaarsveld, wat vir Marina ingeskryf het, sê dat dit groot oorreding gekos het om toestemming van Marina te kry om haar in te skryf.
“Marina doen en gee so baie vir ander mense en stel haarself altyd laaste,” sê Van Jaarsveld.
“Sy is nie net mooi van buite nie, sy het ook ’n hart van goud. Ek wou graag iets doen om vir haar iets terug te gee.”
Sarie Voorbladgesig is ’n jaarlikse kompetisie en die inskrywings vir 2019 het op 27 Mei ge-sluit.
Die beoordelaars sal 36 semi- finaliste aanwys en die vier inskrywings met die meeste stemme sal outomaties by die 40 semi- finaliste ingesluit word.
Die semi-finaliste se foto’s sal in Sarie van Julie 2019 verskyn.
Die beoordelaars sal daarna 10 finaliste kies wat deur Sarie afgeneem word in ware voorbladstyl.
Hulle sal in die Augustus-uitgawe verskyn en daarna kan lesers vir die wenner stem. Lesers-stemme sal saam met die beoordelaars s’n in ag geneem word om die wenner aan te wys.
Mid-Karoo Express lesers wat vir Marina wil stem, kan na die Sarie Voorbladgesig 2019 webwerf gaan, Marina se inskrywing soek (tik haar naam in die “soek”-blokkie) en op die blou stemblokkie onder haar foto kliek.
Elke persoon mag net een keer per deelnemer stem.



