DIE Suid-Afrikaanse Polisie- diens in Graaf-Reinet het vandeesweek verseker dat nog ’n verkragter uit die samelewing verwyder is.
Die 35-jarige Steven Persensie, wat in 2018 van kinderverkragting aangekla is, is in die Graaff-Reinet landdroshof skuldig bevind en vandeesweek tot 20 jaar tronkstraf gevonnis.
Brigadier Rudolph Adolph, plaaslike bevelvoerder, het speurder-konstabel Sibulelo Raula van die SAPD se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbe-skerming en seksuele misdrywe (GKS) geloof vir sy deeg-like speurwerk wat tot die skuldigbevinding en oplegging van ’n lang vonnis vir Persensie ge-lei het.



