VANAF Saterdag, 27 April sal Graaff-Reinet kan spog met ’n nuwe gemeenskapsmark wat weekliks van 10:00 tot 15:00 by Engelpark gehou sal word.
Die mark is ’n inisiatief van die Beyers Naudé plaaslike munisipaliteit en die doel daarvan is om aan plaaslike entrepreneurs die geleentheid te bied om hul talent, kuns en handwerk ten toon te stel en te verkoop.
Om ’n stalletjie te bespreek, kontak Bobby by 040 555 1007, Maandag tot Vrydag 08:00 tot 17:00. Slegs plaaslik vervaardigde handwerk, kuns en kos mag verkoop word.
– ELSABÉ PIENAAR

