DIE #karroochallenge het onlangs weer hul jaarlikse netbaldag in Graaff-Reinet aangebied.
Daar was twee kompetisies, een vir ervare spelers, en een vir die wat die reëls nie so goed ken nie. Albei was rondomtalie wedstryde wat dan in die volgende afdeling gespeel het vir die finaal. Spanne van Cradock en Somerset-Oos het ook deelgeneem, en die SAP Akademie het ’n mans- en damespan ingeskryf, wat self baie goed gedoen het.
Die netbalspelers wat in die finaal kragte gemeet het, was die Blue Jays-netbalklub van Somerset-Oos teen ’n gemengde span van die Hoër Volkskool. Volkskool het die wedstryd naelbyt gewen met slegs twee doele.
In die pret-kompetisie het die Rowwe Bliksems alles in hul vermoë gedoen om die Bontspan te intimideer en ook ’n vrees by die skeidsregters probeer inboesem, maar dit was tevergeefs. Die Bontspan het as wenners uit die stryd getree.

