Die gr.3-leerders. Agter van links is Suné van de Vyver, Lukholo Ntoto, Sachin Scott, Kirsten Goliath, Jayden Rens en Luniko Marivate. In die middel van links is Boitumelo Mnqwasi, Sibahle Qhalaka, Usiphile Hoko, Liqhawe Memese, Siviwe Yawa, Chulumanco Langman, Iminathi Mboyi, Iyeza Mlaza en Salizwa Makhalima. Voor van links is Junior Dyas, Ambesiwe Thoba, Tyrick Heradien, Ukhanyo Siyaya en Qobo Hulana. Foto:VERSKAF


GROOT opgewondenheid het op 9 November by die Laerskool Gill in Somerset-Oos geheers toe hulle Oupa-en-Oumadag gehou het.

Vanjaar was daar 320 oupas en oumas wat die spesiale dag bygewoon het. Hulle het van sover as Carnarvon gekom om die grondslagfase se modeparade by te woon.

Voor die modevertoning het agt leerders wat goud tydens die Eisteddfod verwerf het, die geleentheid gehad om hulle gediggies voor te dra.

Daarna was dit die groot modeparade waar 212 grondslagfase-modelle die loopplank trotseer het.

Elke graad het volgens ’n tema aangetrek.

Gr. R was feëverhaal-karakters, gr. 1 was “Eendag as ek groot is”, gr. 2 was “Die eerste letter van my naam” en gr. 3 se tema was “Hollywood, hier kom ons!”.

Ná afloop van die modevertoning kon die oupas en oumas ook die kunswerke wat deur hul kleinkinders by die skool gemaak is, koop.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article