TALLE skoolbusse was op Saterdag, 23 Februarie reeds vroeg geparkeer by die Gill-Kollege se sportgronde vir die Montego- sportdag.
’n Totaal van 20 skole het deelgeneem en 38 rugby-, 23 netbal- en 14 hokkiewedstryde is gespeel. Dit was ’n suksesvolle dag en die afrigters was dit eens dat hulle baie dankbaar is vir Montego se ondersteuning van skole-sport.
Die tellings was as volg:
- Rugby
Michausdal 27-0 Aeroville
Kirkwood 8-11 Adelaide
Templeton 10-36 Michausdal
Humansdorp 19-17 Burgersdorp
Middelburg 5-66 Nico Malan
Winterberg 33-10 Newton Tegniese Skool
Union 17-0 Cilliers
Victoria Park 15-34 Volkskool
Gill-Kollege 10-12 Andrew Rabie
Gill o.14 17-5 Aeroville
Gill o.15 5-22 Aeroville
- Netbal
Gill 6-10 Adelaide
Gill 7-3 Kirkwood
Gill 3-1 Westering
Gill 7-9 Victoria Park
Gill 2-4 Michausdal
Gill 4-7 Brandwag
- Hokkie
Gill vs Nico Malan: 0-3
Gill vs Cradock: 0-0

