DIE Elizabeth Jordaan-tehuis het ’n baie nodige finansiële hupstoot ontvang met ’n gholfdag wat op Cradock se gholfbaan gehou is.
’n Totaal van 32 spelers het die dag afgeslaan en gholf van goeie gehalte is gesien. Marco Laas was die wenner van die groot prys, maar nie een van die spelers het met leë hande weggestap nie.
Die tehuis bedank graag alle spelers, die gemeenskap en besighede wat ruim bygedra het tot die sukses van die dag.
Spesiale dank aan Conrad Johannes, voedseldiensbestuurder van die tehuis en Wilmène Neethling vir hulle bydraes tot die gholfdag.
- Die tehuis hou op 1 Desember ’n deurry-basaar en bestellings vir tradisionele basaarlekkernye kan geplaas word by 048 881 1857.



