Anita Wiid van Somerset-Oos sê sy is nie juis ’n vrou vir die kospotte nie, maar weens haar man Nick, twee kinders en vyf kleinkinders se voorliefde vir poeding moes sy net eenvoudig ’n plan maak.

Sy het by ’n vriendin, Gerda, hierdie poedingresep gekry wat sy terstond “Gerda se poeding” gedoop het.

Anita sê dit maak nie saak wie by haar eet nie, maar hierdie heerlike poeding is altyd op die spyskaart, want dit is supermaklik en flatervry.

Anita Widd. FOTO: VERSKAF

Gerda se poeding

VIR DIE KOEK:

Bestanddele

2 koppies bruismeel

2 teelepels koeksoda

1¼ koppies suiker

2 groot blikke gemengde (cocktail) vrugte

2 eiers

’n Knippie sout

Metode

1. Meng alles saam

2. Gooi in gesmeerde koekpan

3. Bak vir ’n ½ uur by 180° C

4. Haal uit en steek vol gate.

5. Gooi sous oor.

VIR DIE SOUS:

Bestanddele

1 koppie suiker

1 groot blik Ideal-melk

½ koppie klapper

4 eetlepels botter/margarien

Metode

Kook alles saam vir vyf minute en giet sous oor die koek.

DEEL JOU RESEP!

Is jy al gevra om een van jou resepte met ’n vriend of kollega te deel? Deel dit dan gerus ook met ander Mid-Karoo Express-lesers! Stuur jou resep, met ’n foto van die dis (en jouself as jy sou wou) na midkaroo@media24.com vir publikasie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article