DIE plattelandse NG Gemeente van Hofmeyr moet voortdurend planne beraam om hul finansies gesond te hou.
Daar is dus weer vanjaar die geleentheid om kaartjies vir hul jagpakket teen R300 elk te koop. Hierdie kaartjies sal geldig wees vir die jag wat volgende jaar van 20 tot 24 Mei plaasvind.
Die pakket, ter waarde van R18 500, sluit onder meer ’n gemsbok, twee takbokke, een rooibokram, een springbok, een swartspringbokram en een koedoe in. Gratis vier- dae selfsorg-verblyf vir drie persone sal die naweek beskikbaar wees by Rietfontein Lodge, noordoos van Homeyr, by Rietfontein Safari’s van die Vermaak-gesin.
Slegs 300 kaartjies word uitgeloot en die vervaldatum is einde Mei 2019 vir aankope. Kontak Faan Coetzer by faan@tidyworld.co.za of besoek die webblad www.ngkhofmeyr.com vir kaartjies.



