Gholfspelers Robbie Venske en Thys van Rooyen van die Middelburg Gholfklub was die wenners van die jaarlikse Gewapende Magte Gholfdag wat op Indwe gehou is.
Vanjaar het 75 spelers mekaar die stryd in ‘n Stableford Beterbalkompetisie oor 27 putjies aangesê. Die kompetisie is in 1986 deur kolonel Christo Louw van die destydse Suid-Afrikaanse Polisie in Oos-Londen ingestel.
Lede van die SAPD, Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en Suid-Afrikaanse Korrektiewe Dienste van die Oos-Kaap skryf elke jaar spanne in.
Venske en Van Rooyen het die kompetisie met 66 punte gewen. Venske het ook in 1986 die kompetisie gewen.



