Wim van Bergen van Douglas met Trujo War Sweet Assignment, wenner van die Futuritykompetisie by Cradock skou kompetisie ‘n eerste vir Cradock skou.Photo:TERTIUS GENADE


’n OPWINDENDE nuwe klas by vanjaar se Cradock-landbouskou was die Futurity-klas vir jaaroud vullens, wat geborg was deur die Oostelike Provinsie-saalperd-subunie (OPSS) en wat groot prysgeld vir die wenners ingebring het.

Dit is die eerste maal dat hierdie jong vul-lens ten toon gestel word. Vir hierdie spesiale klas moet eienaars hingste nomineer en terselfdertyd OPSS verlof gee dat die ver-kose hings ’n merrie van die koper van sy saad, kan dek. Die merrie word dan gesertifiseer vir die Futurity-klas.

Indien die saad van die genomineerde hings nie verkoop word nie, kan sy eienaar een van sy eie merries wat reeds in vul is deur die hings, nomineer om aan die kompetisie deel te neem.

Die eienaar van die hings het ook die opsie dat hy, al is die hings se saad reeds verkoop, ook ’n merrie van sy eie kan nominee wat in vul is deur die spesifieke hings. So kan daar soms twee, maar nooit meer nie, van ’n betrokke hings aan die jaarlikse Futurity-kompetisie deelneem.

Die prysgeld word volgens ’n sekere verhoudingsgetal verdeel en vanjaar se wenner, Trujo War Sweet Assignment van Wim van Bergen van Douglas het R23 760 prysgeld verdien. Trujo Sweet Assignment is geteel uit Limited Assignment en War’s Sweet Sue. Die hings se eienaar het ook ’n prysgeld van R9 900 verdien.

In die tweede plek was River’s Chilly Chalmer van Colin Moolman van Riverview, Cradock wat ook die derde plek met River’s Unlimited Charisma verower het. Laasgenoemde is ook ’n afstammeling van die hings, Limited Assignment.

Vanjaar se wenner van die Monty Gadd-trofee was Hell’s Angel gery deur Jeremy Bouwer. Hierdie is ’n baie gesogte klas en slegs mansruiters op vyf-gang perde mag deelneem. In die tweede plek was Supreme Class gery deur Steven Mokopane; gevolg deur Captain America met Jaftha Stellenberg in die saal.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article