Van die tweekamp atlete warm op voor die byeenkoms. Foto:VERSKAF


DIE Oostelike Provinsie het op 10 November ’n tweekampbyeenkoms in Graaff-Reinet gehou.

Deelnemers vanuit Port Elizabeth en Makhanda (Grahamstad) het hulle gevoeg by die Karoo-atlete om die geriewe van die Hoër Volkskool te gebruik.

Ten spyte van die eksamens was daar meer as 100 inskrywings wat gelei het tot strawwe mededinging. Daar was ook heelwat nuwe deelnemers wat vir die eerste keer die gewilde sport probeer het.

Een van die redes hoekom tweekamp soveel aftrek kry, is dat dit ’n sport vir die hele gesin is; en met die pretaflos kon ouers spanne maak om te swem en te draf.

Die Oosthuizen-gesin het al vier deelgeneem en die trots op die kinders se gesigte toe hul ma, René, haar afdeling wen, was ’n vreugde om te aanskou.

Die hoofborg was SupaQuick, met Volkskool en Obesa wat ook borge op die dag was.

“Ek is baie beïndruk met die fasiliteite hier in Graaff-Reinet,” het Pierre Jacobs, OP se Tweekamp-voorsitter gesê.

“Ons oorweeg dit beslis om meer en dalk groter kompetisies hier te hou.”

Die volgende deelnemers van die Karoo het eerste plekke behaal:

Mia Botha o.9-meisies (Volkskool)

Aiden Thiart o.11-seuns (Volkskool)

Tyra Binney o.13-meisies (Union)

Marlien Crewe-Brown o.15-meisies (Volkskool)

Llewellyn Crewe-Brown o.17-seuns (Volkskool)

Owen Thiart o.19-seuns

Rene Oosthuizen senior veteraan

Rentia Oosthuizen (spesiale behoeftes)

Llewellyn Crewe-Brown is ook as die top mansatleet met die meeste individuele punte gekroon.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article