CRADOCK se plaaslike rugbyklub, Evergreens, het vanjaar hul liga-verpligtinge op die sportveld positief begin met twee oortuigende oorwinnings en een gelykop-uitslag.
Hul eerste ligawedstryd was op 23 Maart teen Wild Boys van Adelaide. Die wedstryd het wankelrig begin, met onnodige foute deur albei spanne. Nadat Greens hul eerste punte aangeteken het, het hulle egter die krane oopgedraai met hul blitsige agterspelers wat drie ná drie aangeteken het.
Dié wedstryd is 53-19 deur Evergreens gewen.
Die wedstryd op 30 Maart teen die Fort Beaufort Barbarians het gesorg vir ’n pragdrie. Die jongmanne het ’n weghol-oorwinning van 45-19 aangeteken.
Op 6 April is die wedstryd teen Bedford Crusaders op Cradock ge-speel. Die eindtelling van dié fi- sieke wedstryd was 7-7.


