Etienne van Heerden Veldsoirée eersdaags in Cradock

Etienne van Heerden.

Foto: Izak de Vries

Die reuk van ’n Karoovuur, die geklingel van silwer eetgerei op wit tafeldoeke, draadwindpompies. Meng dit met storievertellers, skrywers, akademici, historici, aktiviste en ’n hele klomp honde, dan het jy die raamwerk van die Etienne van Heerden Veldsoirée wat van 23 September tot September 25 in Cradock plaasvind.

Ons gaan hartsake praat:

  • Jo Els, Jean Meiring, Clinton V du Plessis, Tony Jackman, Freda Froehlick, Darryl David, Chris Marais, Julienne du Toit, Theresa Hardman en Doreen Atkinson sal die Karoo en die Karoo se bewoners bespreek.
  • Mphuthumi Ntabeni sal kyk na literêre tradisies onder Xhosas voor die koms van die koloniale lens.
  • Amos Nteta, Freek Robinson en Xolile Dwilli Vusubuntu sal ons herinner aan die belang van die Cradock 4.
  • Robinson, Barend la Grange en Heindrich Wyngaard sal gesels oor die posisie van die burgerlike samelewing.
  • Christi van der Westhuizen sal wit-wees bekyk.
  • Etienne van Heerden sal self daar wees om A library to flee, die vertaling van Die biblioteek aan die einde van die wêreld, bekend te stel.

Ander skrywers sluit in Elise Bishop, Heilna du Plooy, Henrietta Rose-Innes, Loit Sols, Marnus Hattingh, Sidney Gilroy en Hennie van Coller.

Besprekings kan gedoen word by reservations@tuishuise.co.za of 048 881 1650.

Verblyf kan bespreek word by Lisa Antrobus Ker, 048 881 1650 of www.tuishuise.co.za, en Pieter de Kock, 060 433 4797 of buffelshoek.gamelodge@gmail.com.

Algemene navrae kan gestuur word aan Izak de Vries by izak@litnet.co.za.

Die Etienne van Heerden Veldsoirée is ’n inisiatief deur die feesdirekteur Darryl David.

Die fees word moontlik gemaak deur die ondersteuning van Die Tuishuise en Victoria Manor en Buffelshoek Dirosie Lodge. Uitgewers en Montego, ‘n troeteldierkosmaatskappy, het ook bygedra.

– UITGEREIK DEUR IZAK DE VRIES

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article