ONNIEDOOR is ’n jaarlikse kosmaak-kompetisie wat deur die Hoër Volkskool se AKTV-jeugtak aangebied word en waar onderwysers teen mekaar meeding in die kombuis.

Onderwysers neem in spanverband deel en vanjaar het die “Jollie Patrollies” met die louere weggestap. Dié wenspan bestaan uit Estene Coetzee, Paula van der Mescht, Ritus Meiring en Jané Venter.

Die kompetisie was taai en die spanne het mekaar opdraande gegee met slegs een punt verskil tussen die wenspan en “Tequila Ladybugs”, die naaswenners.

In die nagereg-afdeling moes die onderwysers uithaal en wys. Room moes styf geklits word met ’n ballonklitser en daarna moes hul versier en voorsit. “Die Bloubulle” het met hul nagereg gewen.

Die ATKV-jeugtak bedank graag al die deelnemers en borge van vanjaar se Onniedoor-kompetisie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article