Elsje se boere-risotto met samp. INLAS: Elsje Taljaard. Foto’s:VERSKAF


ELSJE Taljaard is een van dié Cradockers wat graag haar kreatiewe vermoë toets deur nuwe resepte uit te dink.

Sy eksperimenteer ook graag met kos en vertel dat sy eendag ’n bakkie samp opgeskep het en dit bietjie wou opdollie voor sy daaraan proe.

Die heerlike boere-rissotto was die uiteinde van daardie proefneming en sy het ingestem om die resep met Express lesers te deel.

Boere-risotto met samp

  • Hierdie geurige dis is baie smaaklik op sy eie of kan ook as ’n bykos gebruik word.
  • Gebruik die samp wat gou gaar word. Kook twee koppies daarvan in water – of hoenderaftreksel vir meer geur – volgens aanwysings tot sag.
  • Nog ’n makliker manier is om dit ’n uur of twee in jou “slow cooker” te los.
  • Dreineer indien nodig.
  • Roer ’n groot klont botter by; hoe meer, hoe lekkerder!
  • Rasper ’n paar hale parmesaankaas en voeg by. Of kies enige ander sterk kaas van jou keuse.
  • Voeg ook ’n paar draaisels growwe swartpeper en ’n vuis vol pietersielie of prei (chives) of enige ander kruie van jou keuse by.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article