Neil Adam, Laura Adam (voorsitter Kankervereniging), Ivan Stock (voorsitter Duiweklub) en Gerda Marais (tesourier Kankervereniging). Foto:WILNA DE KLERK

Lede van Cradock se Duiweklub het hul duiwe ’n spesiale wedvlug oor 522km vanaf Kroonstaal laat vlieg om geld in te samel vir die plaaslike Kankervereniging.

’n Bedrag van R13 000 is ingesamel.

Benewens die skenking aan die Kanker- vereniging het deelnemers met gelukkige kaartjies ook pryse gewen. Hulle is Lizelle Marais (R5 000), Lindie du Plooy (R3 000), AL Lotz (R2 000) en Pieter Stegmann (R1 000).

Volgens Ivan Stock, die klub se voorsitter, is die wedvlug op ’n Maandag gehou omdat daar aan die begin van die week baie minder ‘verkeer’ in die lug is.

Altesaam 492 van die vorige jaar se jongduifies het aan die wedvlug deelgeneem.

Tydens die finale wedvlug van die jaar het Cradock se duiwe oor 820 km vanaf Pienaars-rivier gevlieg.

’n Groep van 269 duiwe het meegeding en die opwinding was groot, aangesien die eerste prys ’n MP200 Nissan bakkie was.

Robert Human van Queenstown was die gelukkige wenner van dié bakkie.

Die tweede prys was ’n Benzing duiweklok en die derde, vierde en vyfde duiwe het vir hul eienaars R3 000, R2 000 en R 1000 onderskeidelik gewen.

Cradock Kankervereniging is ’n onaf- hanklike groep mense wat fondsinsamelings hou en hard werk in die gemeenskap om kankerlyers op enige moontlike manier te ondersteun.

Hulle het ook ’n verpleegster in diens wat na die mediese behoeftes van die pasiënte omsien.

Laura Adam, voorsitter van die kanker- vereniging, het die Duiweklub bedank vir hul onbaatsugtige ondersteuning, veral omdat die vereniging op skenkings en funksies wat hulle self reël, aangewys is om hul diens in die gemeenskap te verrig.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article